• Login
    View Item 
    •   Home
    • Massey Documents by Type
    • Journal Articles
    • View Item
    •   Home
    • Massey Documents by Type
    • Journal Articles
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Inhibisie van osteoklastvorming en beenresorpsie deur poli-onversadigde vetsure in RAW 264.7 muismonosiete

    Icon
    View/Open Full Text
    400.pdf (299.2Kb)
    Icon
    10.4102/satnt.v31i1.318
     
    Find Full Text
    Abstract
    Inhibition of osteoclast differentiation and bone resorption by polyunsaturated fatty acids in RAW 264.7 murine macrophages. This study investigated the effects of polyunsaturated fatty acids on osteoclast formation and bone resorption in RAW 264.7 murine pre-osteoclasts. Data obtained suggests an inhibitory effect of these compounds on osteoclastogenesis and bone resorption in the cell line tested. Beenhermodellering in volwassenes is ‘n fisiologiese proses wat die sintese van beenmatriks deur osteoblaste en die resorpsie (afbraak) van been deur osteoklaste behels. Osteoklaste ontstaan deur die samesmelting van hematopoïetiese selle van monosiet-makrofaagafkoms en speel ‘n deurslaggewende rol in beenhermodellering. Osteoklast-ooraktiwiteit kan die afbraak van been in verskeie patologiese toestande tot gevolg hê. Kliniese- en dierestudies het aangedui dat sommige poli-onversadigde vetsure ‘n voordelige effek op been kan hê. Die doel van hierdie proefstudie was om te bepaal of omega-3 en omega-6 poli-onversadigde vetsure osteoklastvorming vanaf RAW 264.7 monosiete moduleer en daardeur die aantal volwasse resorberende osteoklaste kan beïnvloed. Monosiet/makrofaag-muisselle (RAW 264.7 pre-osteoklaste) is teen 1.5x104 selle/putjie in steriele 24-put plaatjies in die aanwesigheid van 15 ng/ml muisreseptor-aktiveerder van NFκBligand (RANKL) gesaai. RANKL is noodsaaklik vir osteoklastvorming vanaf voorgangerselle. Etanol (oplosmiddelkontrole), die omega-6 poli-onversadigde vetsure aragidoonsuur en gammalinoleensuur asook die omega-3 poli-onversadigde vetsure eikosapentaënöesuur en dokosaheksaënöesuur is by die selkulture teen konsentrasies van 5–20 μg/ml gevoeg. Palmitiensuur, ‘n versadigde vetsuur, teen ‘n konsentrasie van 20 μg/ml is as positiewe kontrole vir inhibisie van osteoklastvorming gebruik. Na vyf dae inkubasie is osteoklastvorming geëvalueer deur van tartraat-weerstandigesuurfosfatase (TRAP)-kleuring gebruik te maak. TRAP-positiewe selle met vyf of meer kerne word as veelkernige osteoklaste beskou. Soortgelyke eksperimente is uitgevoer op plaatjies wat bedek is met ‘n sintetiese anorganiese beenoppervlak. Na sewe dae inkubasie is die selle afgewas en resorpsie van die oppervlak met behulp van mikroskoopfoto’s waargeneem. Die persentasie resorpsie-oppervlak is daarna met behulp van toepaslike rekenaarsagteware bepaal. Verder is RAW 264.7 selle op beenskyfies gesaai om die effek van poli-onversadigde vetsure op die degradering van organiese en anorganiese beenkomponente te evalueer. Na nege dae is die gekondisioneerde media afgetrek en die hoeveelheid Ca2+ en kollageenfragmente, beendegraderingsprodukte onderskeidelik afkomstig vanaf die anorganiese en organiese komponente van beenafbraak, deur gepaste kolorimetriese metodes bepaal. Resultate van hierdie studie het getoon dat die vorming van veelkernige osteoklaste deur die blootstelling aan poli-onversadigde vetsure by konsentrasies van 5–20 μg/ml geïnhibeer word. Blootstelling aan al die vetsure het tot inhibering van osteoklastvorming gelei met die grootste effek by die hoogste vetsuurkonsentrasies. Dokosaheksaënöesuur (omega-3) het die mees betekenisvolle inhiberende effek oor al die konsentrasies getoon en eikosapentaënöesuur die minste. Resorpsieholtes op die gesimuleerde beenplaatjies was kleiner waar die selle aan aragidoonsuur en dokosaheksaënöesuur blootgestel was in vergelyking met dié van die oplosmiddelkontrole, wat moontlik aan die laer voorkoms van volwasse veelkernige osteoklaste toegeskryf kan word. ‘n Afname in die beendegraderingsprodukte is ook waargeneem waar selle blootgestel is aan aragidoonsuur en dokosaheksaënöesuur in vergelyking met die oplosmiddelkontrole. Die resultate ondersteun die vermoede dat poli-onversadigde vetsure die vorming van volwasse osteoklaste inhibeer en daardeur ‘n beenbeskermende effek tot gevolg mag hê. Verdere navorsing is nodig om duidelikheid oor die meganismes wat hier betrokke is, te verkry. Hierdie navorsing is deur die Mediese Navorsingsraad en die Navorsings-ontwikkelingsprogram (Universiteit van Pretoria) befonds.
    Citation
    Biological Sciences Symposium, presented un the protection of the Suid-Afrikan=anse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Johannesburg, South Africa, AOSIS Ltd, pp. 318 - 318, 2012
    Date
    2012
    Author
    Boeyens, JCA
    Chua, WHORCID
    Kruger, MORCID
    Joubert, AM
    Coetzee, M
    Publisher
    AOSIS Ltd
    URI
    http://hdl.handle.net/10179/9428
    Collections
    • Journal Articles
    Metadata
    Show full item record

    Copyright © Massey University
    | Contact Us | Feedback | Copyright Take Down Request | Massey University Privacy Statement
    DSpace software copyright © Duraspace
    v5.7-2020.1-beta1
     

     

    Tweets by @Massey_Research
    Information PagesContent PolicyDepositing content to MROCopyright and Access InformationDeposit LicenseDeposit License SummaryTheses FAQFile FormatsDoctoral Thesis Deposit

    Browse

    All of MROCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    Copyright © Massey University
    | Contact Us | Feedback | Copyright Take Down Request | Massey University Privacy Statement
    DSpace software copyright © Duraspace
    v5.7-2020.1-beta1