Inhibisie van osteoklastvorming en beenresorpsie deur poli-onversadigde vetsure in RAW 264.7 muismonosiete
Loading...
Files
Date
2012
Open Access Location
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS Ltd
Rights
Abstract
Inhibition of osteoclast differentiation and bone resorption by polyunsaturated fatty acids
in RAW 264.7 murine macrophages. This study investigated the effects of polyunsaturated
fatty acids on osteoclast formation and bone resorption in RAW 264.7 murine pre-osteoclasts.
Data obtained suggests an inhibitory effect of these compounds on osteoclastogenesis and
bone resorption in the cell line tested.
Beenhermodellering in volwassenes is ‘n fisiologiese proses wat die sintese van beenmatriks deur
osteoblaste en die resorpsie (afbraak) van been deur osteoklaste behels. Osteoklaste ontstaan
deur die samesmelting van hematopoïetiese selle van monosiet-makrofaagafkoms en speel ‘n
deurslaggewende rol in beenhermodellering. Osteoklast-ooraktiwiteit kan die afbraak van been in
verskeie patologiese toestande tot gevolg hê. Kliniese- en dierestudies het aangedui dat sommige
poli-onversadigde vetsure ‘n voordelige effek op been kan hê. Die doel van hierdie proefstudie
was om te bepaal of omega-3 en omega-6 poli-onversadigde vetsure osteoklastvorming vanaf
RAW 264.7 monosiete moduleer en daardeur die aantal volwasse resorberende osteoklaste kan
beïnvloed.
Monosiet/makrofaag-muisselle (RAW 264.7 pre-osteoklaste) is teen 1.5x104 selle/putjie in
steriele 24-put plaatjies in die aanwesigheid van 15 ng/ml muisreseptor-aktiveerder van NFκBligand
(RANKL) gesaai. RANKL is noodsaaklik vir osteoklastvorming vanaf voorgangerselle.
Etanol (oplosmiddelkontrole), die omega-6 poli-onversadigde vetsure aragidoonsuur en
gammalinoleensuur asook die omega-3 poli-onversadigde vetsure eikosapentaënöesuur
en dokosaheksaënöesuur is by die selkulture teen konsentrasies van 5–20 μg/ml gevoeg.
Palmitiensuur, ‘n versadigde vetsuur, teen ‘n konsentrasie van 20 μg/ml is as positiewe kontrole
vir inhibisie van osteoklastvorming gebruik.
Na vyf dae inkubasie is osteoklastvorming geëvalueer deur van tartraat-weerstandigesuurfosfatase
(TRAP)-kleuring gebruik te maak. TRAP-positiewe selle met vyf of meer kerne
word as veelkernige osteoklaste beskou. Soortgelyke eksperimente is uitgevoer op plaatjies
wat bedek is met ‘n sintetiese anorganiese beenoppervlak. Na sewe dae inkubasie is die selle
afgewas en resorpsie van die oppervlak met behulp van mikroskoopfoto’s waargeneem. Die
persentasie resorpsie-oppervlak is daarna met behulp van toepaslike rekenaarsagteware bepaal.
Verder is RAW 264.7 selle op beenskyfies gesaai om die effek van poli-onversadigde vetsure
op die degradering van organiese en anorganiese beenkomponente te evalueer. Na nege dae
is die gekondisioneerde media afgetrek en die hoeveelheid Ca2+ en kollageenfragmente,
beendegraderingsprodukte onderskeidelik afkomstig vanaf die anorganiese en organiese
komponente van beenafbraak, deur gepaste kolorimetriese metodes bepaal.
Resultate van hierdie studie het getoon dat die vorming van veelkernige osteoklaste deur die
blootstelling aan poli-onversadigde vetsure by konsentrasies van 5–20 μg/ml geïnhibeer word.
Blootstelling aan al die vetsure het tot inhibering van osteoklastvorming gelei met die grootste
effek by die hoogste vetsuurkonsentrasies. Dokosaheksaënöesuur (omega-3) het die mees
betekenisvolle inhiberende effek oor al die konsentrasies getoon en eikosapentaënöesuur die
minste.
Resorpsieholtes op die gesimuleerde beenplaatjies was kleiner waar die selle aan aragidoonsuur
en dokosaheksaënöesuur blootgestel was in vergelyking met dié van die oplosmiddelkontrole,
wat moontlik aan die laer voorkoms van volwasse veelkernige osteoklaste toegeskryf kan word.
‘n Afname in die beendegraderingsprodukte is ook waargeneem waar selle blootgestel is aan
aragidoonsuur en dokosaheksaënöesuur in vergelyking met die oplosmiddelkontrole.
Die resultate ondersteun die vermoede dat poli-onversadigde vetsure die vorming van volwasse
osteoklaste inhibeer en daardeur ‘n beenbeskermende effek tot gevolg mag hê. Verdere navorsing
is nodig om duidelikheid oor die meganismes wat hier betrokke is, te verkry. Hierdie navorsing
is deur die Mediese Navorsingsraad en die Navorsings-ontwikkelingsprogram (Universiteit van
Pretoria) befonds.
Description
Keywords
Citation
Biological Sciences Symposium, presented un the protection of the Suid-Afrikan=anse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Johannesburg, South Africa, AOSIS Ltd, pp. 318 - 318, 2012